Graad 4 PSW: Lewensvaardighede Kwartaal 3 (CAPS Belyn)
Berei jou Graad 4-leerder met selfvertroue voor vir Kwartaal 3 se assesserings met hierdie omvattende, kleurvolle en interaktiewe Lewensvaardighede (Persoonlike en Sosiale Welstand) opsomming. Hierdie gids is 100% CAPS-belyn en spesifiek ontwerp om leer pret en maklik te maak.
Die studiegids is propvol pragtige illustrasies en visuele hulpmiddels (soos breinkaarte en tabelle) wat komplekse onderwerpe maklik maak om te onthou. As ’n ekstra bonus, sluit hierdie pakket ’n 30-punt oefenvraestel in met 'n volledige memorandum sodat leerders hul kennis kan toets voor die eksamen!
Wat word gedek in hierdie Kwartaal 3 Opsomming?
-
Onderwerp 1: Kulture in Suid-Afrika: Leer oor stadslewe vs. tradisionele lewe, ons erfenis, musiek, sport, feeste (soos die Kaapse Klopse), en smullekker tradisionele Suid-Afrikaanse kosse.
-
Onderwerp 2: Sedelesse: Bou goeie karakter met Die Storie van die Waarheidsboom.
-
Onderwerp 3: Godsdienste in Suid-Afrika: ’n Duidelike, maklik leesbare tabel oor die hoof godsdienste (Afrika Tradisionele Godsdiens, Boeddhisme, Baha'i, Christendom, Hindoeïsme, Judaïsme en Islam), hul simbole, heilige boeke, en plekke van aanbidding.
-
Onderwerp 4: Gevare in en om water: Belangrike waterveiligheidsreëls vir swembaddens, riviere en damme, sowel as wat om te doen in 'n noodgeval.
Produk Spesifikasies:
-
Formaat: Digitale PDF-dokument (Kits aflaai / Instant Download)
-
Aantal Bladsye: 13 Bladsye (Sluit opsommings, oefentoets en memorandum in)
-
Taal: Afrikaans
-
Graad: Graad 4
-
Vak: Lewensvaardighede / PSW (Persoonlike en Sosiale Welstand)
Let wel: Hierdie is 'n digitale produk. Geen fisiese boek sal gestuur word nie.