Graad 5 Sosiale Wetenskappe: Geografie en Geskiedenis Kwartaal 4 (CAPS Belyn)
Help jou kind om met selfvertroue voor te berei vir die einde van die jaar! Hierdie volledige digitale opsomming vir Graad 5 Sosiale Wetenskappe (Geografie en Geskiedenis) is spesifiek volgens die CAPS-kurrikulum opgestel vir Kwartaal 4.
Met kleurvolle illustrasies, breinkaarte en duidelike diagramme word komplekse onderwerpe maklik verstaanbaar gemaak.
Wat is ingesluit?
1. Geografie Opsommings:
-
Minerale as nie-hernubare hulpbronne.
-
Die vorming en gebruik van steenkool (insluitend 'n volledige breinkaart).
-
Mynboumetodes: Oopgroef- vs. Skagmynbou (met diagramme).
-
Die impak van mynbou op die omgewing en veiligheid.
2. Geskiedenis Opsommings:
-
Suid-Afrika se provinsies en hoofstede.
-
Erfenis: Tasbare en Ontasbare erfenis.
-
Beroemde erfenisterreine: Die Wieg van die Mensdom, Mapungubwe (Goue Renoster), Kasteel van Goeie Hoop, San-rotskuns, en meer!
3. Assessering:
-
Graad 5 Geografie Toets (30 punte) met volledige memorandum.
-
Graad 5 Geskiedenis Toets (30 punte) met volledige memorandum.
Produk Besonderhede:
-
Formaat: PDF (Onmiddellike aflaai).
-
Aantal bladsye: 24 bladsye.
-
Taal: Afrikaans.
-
Kurrikulum: CAPS-belyn.
-
Ideaal vir: Graad 5 leerders, tuisskool-ouers, en onderwysers.